Jong model reik uit na bejaardes
Brakpan se Eventide Tehuis vir Bejaardes lê dié Kempton model na aan die hart.
Kayla Opperman (7) van Kempton Park het onlangs uitgereik na Eventide Tehuis om vir hulle ‘n skenking van kos te vat.
Dit is ook nie haar eerste besoek aan die tehuis nie.
Die jong model, wat deel is van die All Star Kempton Park modelskool, het al twee keer vir die tehuis ‘n skenking van kos gevat.
“Eventide lê haar na aan die hart en sy is baie lief vir die bejaardes daar,” het haar ouma, Salome Opperman gesê.
Lees ook: Eventide ontvang verf skenking
Kayla beplan om op 12 Augustus vir die tehuis sop en broodjies te vat en sy spring self in om met die voorbereiding daarvan te help.
Sy gebruik ook haar eie sakgeld om die skenkings moontlik te maak.
Kayla het ook onlangs bygedra tot ‘n “boom hangdag” in Brakpan waar klere en pakkies kos aan ‘n boom in die
gemeenskap gehang is vir haweloses.




