Besoek nie meer ouers se grafte nie
As ek geweet het hoe onveilig dit sou raak sou ek liewer ’n verassing oorweeg het.
Met verwysing na die berig op die voorblad van 22 September (Man geskiet by vrou se graf).
Beide my ouers is in die Brakpan Begraafplaas begrawe en as ek geweet het hoe onveilig dit sou raak sou ek liewer ’n verassing oorweeg het.
Ten minste kon ek dan hul oorskot op ’n plek van my keuse laat bewaar of gestrooi het.
Uit vrees besoek ons glad nie die grafte nie en ek sidder om te dink hoe dit lyk. Vir al wat ons weet is dit al vernietig.
Ek hoop van harte dat die persoon wat geskiet is ten volle sal herstel, maar ek hoop nog meer dat die skuldige persoon gevang sal word en vir sy wreedaardig optrede sal boet.
My hart huil elke dag vir agteruitgang van ons eens pragtige land.
LEES OOK: Opvolg: Nagwaak vir vermoorde man gehou
LEES OOK: Man se lyk ontdek nadat vrou sy pantoffel raaksien



