Kolwyntjies help kinders met kanker
Die publiek kon kies en keur tussen al die mooi versierde koekies.
Cupcakes of Hope het Saterdag hul jaarlikse fondsinsamelingsprojek, Cupcakes 4 Kids with Cancer, by winkelsentrums reg oor die land gehou.
Besoekers aan die Mall@Carnival kon ook die geleentheid gebruik om die projek te ondersteun deur vrolik versierde kolwyntjies te koop.
Die inisiatief word jaarliks deur die Cupcakes of Hope-organisasie aangebied en fondse wat deur middel van die projek ingesamel word, word aangewend om kankerpasiënte en hul families te ondersteun deur onder andere hospitaalrekeninge te betaal, kos te koop en vervoer te verskaf.
Die Cupcakes of Hope-span, onder leiding van die Brakpan koördineerder Elize Pienaar het almal wat op een of ander wyse bygedra het tot die sukses van die dag, bedank.
Pienaar het veral groot lof gehad vir die vroue in haar span wat honderde kolwyntjies gebak en versier het.
“Ons is ook baie dankbaar vir die hulp wat ons van leerders van Hoërskool Die Anker en Sonneveld Akademie ontvang het,” het Pienaar gesê.
ALSO CHECK: Whine and Wine, a soothing social event for women in Brakpan
ALSO CHECK: Can you help? Man eager to learn more about his family’s history







