Local newsNewsSport
Anker deel van Bokkie-uitnodiging span
Die Graad Nege leerder se spel het beïndruk.

Claudie Dreyer, ‘n Graad Nege leerder aan Hoërskool die Anker, het onlangs deelgeneem aan die Bokkieweek Somer Toernooi as deel van die Oos-Transvaal snelbalspan, Fast 5 Netbal.
Dertien provinsiale spanne het deelgeneem aan die toernooi, wat van 3 tot 6 Oktober plaasgevind het in Pretoria.
Die Oos-Transvaal o15 span, waarvan Claudie deel was, het net voor die halfeinstryd uitgeval, maar Claudie is na die toernooi vir die Bokkie-uitnodigingspan gekies.
Die uitnodigingspan gaan op 25 November in Pretoria deelneem teen al die Suid-Afrikaanse spanne.
ALSO READ: BRIEF: Haweloses verdien beter
ALSO READ: Sallies Village influencer bags award nomination
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.