Local newsNews

Jabez Sorgsentrum sê dankie

Daar word tans 16 seuns tussen die ouderdom van vyf tot 16 jaar versorg.

Mona Loubser, die bestuurder van Jabez Sorgsentrum skryf:

Ons sorgsentrum huisves seuns wat weens verskeie redes uit die sorg van hul ouers verwyder is, en ons is baie dankbaar teenoor die gemeenskap van Brakpan, skole, besighede en organisasies wat ons jaar vir jaar bystaan en sodoende toesien dat ons met ons werk kan voorgaan.

Ons het tans 16 seuns tussen die ouderdom van vyf tot 16 jaar in ons sorg. Ek wil graag die volgende instansies, wat altyd ‘n oop hand het en ons seën met skenkings, donasies en ondersteuning bedank.

Sonder dié hulp sal dit nie maklik wees om kop bo water te hou nie.

Nirvana, Hanrimed Apteek, die Just Wheels Motorklub, tannie Violet (van nie verskaf) van die AGS Kinderhuis Brakpan, Die Oos-Rand Kinderhuis, Laerskool Dalview, Laerskool Brakpan-Oos, Hoërskool Stoffberg, Protea Skool in Springs, Bella’s Biltong, Brett Bikes, die NG Bediening en die gemeenskap van Brakpan.

Namens die bestuur en al ons seuns wens ons vir almal ‘n geseënde feestyd toe met diep dankbaarheid in ons harte.



Follow Us: Facebook: Twitter: Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button