Die Herald bied elke jaar ‘n kompetisie vir ons lesers aan, om ’n gepaste voorbladfoto vir die laaste uitgawe van die jaar te neem. Hierby is die wen foto asook sommige van die ander inskrywings wat ontvang is.
Wynand Bates (11), Ebenn Bates (1) en Anton Bates (7) by die gesin se woning in Minnebron.
Charlynn Smit (2) van Boundaryweg sien baie uit na Kersfees.
Ebenn Bates (1) se ma, Red Bates het die foto by die gesin se huis in Minnebron geneem. Sy vertel dat hy van liggies hou maar glad nie van Kersvader nie.
Eden Goba (5) se pa, Devon het die foto geneem. Die gesin woon in Anzac.
Vallery Milligan (22), het solank die feestyd met met haar twee honde Cindy en Roxy begin vier.
Zaydrian Heyns (agte maande) wat sy eerste Kersfees vanjaar vier. Die foto is by Kleuterzone geneem.
Thomas Effting (drie maande) sal ook sy eerste Kersfees vier. Die foto is deur Theresa Bezuidenhout van Tessa's Photography geneem en ingestuur.
Die foto is geneem tydens die jaarlikse Kerspartytjie wat by Muriel Brand Skoolgehou is. Die Kersvaders wat geskenke uitgedeel het, het tot groot vermaak van almal in ‘’n helikopter gearriveer. Die foto is deur Morné Wright geneem en ingestuur.
Volan (8), Von-Bene, (5) en Viando Coertzen (21 maande) kan nie hul opgewondenheid vir die feestyd beteuel nie. Hul ma Voné Coertzen het die foto geneem.
Luhandrè du Toit (14 weke) vier vanjaar sy eerste Kersfees. Die foto is geneem deur Juanita de Lange.
Kimberlie Schoeman (20) en Brenda Schoeman (57) by die Kersboom in hul huis.
Lucy Du Plooy (36) en haar dogter Paris Du Plooy.
Divanre Keyter, Chante Calvert en Aiden de Lange tydens ‘n Kersboom wat by die Laerskool Môrewag gehou is.
Lyn Erasmus (66) in haar kombuis besig om beplanning vir die feestyd te doen. Sy is ’n van drie kinders, ouma van vyf, en oumagrootjie van een.
Sharon Jansen van Rensburg (52), Lana Alberts (53), Hillary Alexander (52) en Adele Robertson (53) wat al vir die afgelope 30 jaar vriendinne is vier elke jaar hul vriendskap en die jaar wa verby is met ‘n Kersete.
Henco Smit (18 maande) is spesiaal deur Adele Joubert afgeneem vir Kersfees.
Lee-anne Janse Van Rensburg (13) het onlangs aan mnr en mej Arrie deelgeneem tydens ’n Kersmark wat deur Laerskool Die Arend aangebied is.
Jo-Ann Schoeman (17) en Logan De Bruto (6) sien uit na die feestyd.
Uit vele inskrywings wat ontvang is, is dié foto van Machele' (8) en haar boetie Jaydon Booysen (4) met hul hondjie Leo gekies as die wenfoto. Hul ma, Michelle het die foto by die gesin se huis in Gerrit Maritzlaan, Dalview geneem. Dit besorg aan hulle ’n koopbewys ter waarde van R1000 wat deur Sherwood Pick n Pay geborg is.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.