Word die Brakpanbreker en wen groot
Die finale wenner van die reeks sal met ‘n heel skaflike kontantprys wegstap.
’n Produksiemaatskappy is op soek na 15 manlike inwoners van Brakpan om aan ’n televisieprogram, Die Brakpanbreker-beker deel te neem.
Volgens die uitvoerende vervaardiger van die maatskappy, Marno Koen sal die 15 mans tydens episodes van die program in verskeie uitdagings teen mekaar meeding.
Daar sal na elke episode ‘n persoon uitgestem word, totdat een persoon die Brakpanbreker-beker titel sal ontvang.
“Dit sal ’n voorkomsverandering (makeover) program wees maar ons sal nie net op kleredrag gefokus nie.
“Ons beplan verskeie aktiwiteite en uitdagings maar beoog om soveel pret moontlik te hê,” het Koen gesê.
Na afloop van elke episode sal die wenner van daardie episode ’n lekker prys wen. Die finale wenner van die reeks sal met ‘n heel skaflike kontantprys wegstap.
Mans tussen die ouderdom van 18 en 55, wat belangstel om deel van die program te wees, moet voor 15 Februarie ‘n kort video van hulself stuur, waarin hulle hulself voorstel.
Noem jou naam, van, ouderdom, wat jy doen vir ‘n lewe en wat jy met die kontant prysgeld sal doen indien jy wen.
Die video kan aangestuur word na 067 737 9807 of casting@coolerboxbrothers.com
LEES OOK: Realistic New Year’s resolutions you can actually commit to
LEES OOK: How to survive the longest month of the year – JanuWorry