
Diereliefhebber Brakpan-sentraal skryf:
Hoeveel jare moet ons nog smeek en soebat dat mense nie vuurwerke op Kersdag en Oujaarsaand gebruik of sal ek sê misbruik nie?
Dit is elke jaar dieselfde storie. Dié van ons wat honde en katte het, moet ly onder die mense wat doodeenvoudig nie omgee vir hulle medemens nie.
Ek het my twee honde op beide dae kalmeermiddels ingegee, maar wat van die mense wat dit nie kan bekostig nie?
Ek het hoeveel sosiale media plasings gesien van mense wat na hul diere soek.
Dit is hoog tyd dat vuurwerke heeltemal verban moet word en dié wat dit steeds na hartelus gebruik toegesluit moet word.
LEES OOK: Drone used to fight crime in Dalpark Ext 1
LEES OOK: Crime stats: Brakpan remains a truck hijacking hotspot
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.