
‘n Skool in Dalview was Woensdag in die vroeë oggendure die teiken van inbrekers.
Volgens inligting, het die inbrekers ‘n gat in ‘n heining gesny om toegang tot die skoolgebou te verkry.
Daarna is ‘n sekuriteitsdeur van een van die klaskamers oopgedwing.
Twaalf nuwe plastiekstoele is gebuit asook ‘n luidspreker. In ‘n ander klaskamer is elektriese tuintoerusting geneem.
Die voorval word deur die Brakpan SAPD ondersoek.
LEES OOK: Word die Brakpanbreker en wen groot
LEES OOK: Make personal safety a priority for the New Year
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.