Hond moontlik uit erf gesteel
Zena is ligbruin van kleur met ’n wit vlek aan die neus en bors.

’n Egpaar van Brakpan Sentraal is oortuig daarvan dat hul Pit bull Vrydag uit hul erf in Muirlaan gesteel is.
Rosemarie en Juan-Pierre Venter is rasend van kommer nadat die vierjarige teef Vrydag vermis geraak het.
“Ons het Vrydagoggend gery en daar was ’n persoon in die straat wat verdag voorgekom het, maar ons het op daardie stadium nie veel ag daarop geslaan nie,” het Rosemarie vertel.
Sy het ook genoem dat die hond nooit uit die erf gegaan het nie.
“Ons het twee ander honde wat wel ’n kans waag wanneer ons hek oopgaan maar Xena het dit nie gedoen nie,” het Rosemarie vertel.
Sy het ook die erf deeglik gefynkam om te bepaal of daar nie ’n plek was waar Xena deur ’n opening kon uitgaan nie.
“Ons is oortuig daarvan dat sy gesteel is.”
Zena is ligbruin van kleur met ’n wit vlek aan die neus en bors. Die egpaar het foto’s op sosiale media geplaas van Xena maar tot dusvêr is daar geen teken van die hond nie.
Enigiemand met inligting kan vir Rosemarie kontak by 078 317 6314.
LEES OOK: Môrries leer oor serebrale gestremdheid
LEES OOK: Take your dustbin in after rubbish collection