Local newsNews

Laerskool Môrewag voedingskema benodig skenkings

Die skool hoop om hul kinders in nood van voedsame kos te voorsien.

Die Laerskool Môrewag se voedingskema vir minderbevoorregte leerders benodig ondersteuning.

Die skool voorsien aan kinders, wie in nood is, pap in die oggend, asook middagete.

Gertruida Nel, die hoof van die voedingskema, beoog om ook voortaan vir van die leerders aandete te maak en huis toe te stuur sodat hulle van drie maaltye per dag verseker is.

Die skool moet self die kos aanskaf, en Gertruida koop ook gereeld uit haar eie sak kos om aan te vul waar daar ‘n tekort is, maar dit is moeilik om kop bo water te hou.

Gertruida doen ‘n beroep op die gemeenskap om kos skenkings te maak aan die skool, veral kosse met ‘n lang raklewe, sodat hulle die kinders in nood kan aanhou voed.

Diegene wat ‘n skenking wil maak kan vir Gertruida by 074 740 5157 kontak.



LEES OOK: Soup kitchen grows to feed learners

LEES OOK: Tuinkenner vier 100ste verjaarsdag

Related Articles

 
Back to top button