Local newsNews

Tuinkenner vier 100ste verjaarsdag

Die Brakpan-Sentraal inwoner is bekend vir haar roostuin en pragtige blomme.

Ella Magrieta Meyer het op 17 April ‘n besondere mylpaal bereik toe sy haar 100ste verjaarsdag gevier het.

DiƩ rosekenner bly al die afgelope 43 jaar in haar huis in Hoylaan, saam met haar dogter, Marie Colling (79).

Ella het deur die jare bekendheid verwerf vir haar pragtige roostuin en het gereeld toekennings gewen by blomme uitstallings en kompetisies.

Die Brakpan Herald het verskeie kere in die verlede berig oor haar pragtige tuin.

Sy het ook nooit geskroom om haar kennis oor tuinmaak en veral rose te deel nie en kuiergaste het dikwels met ā€˜n roos of twee by haar tuinhekkie uitgestap.

Ella is in Benoni gebore. Sy is met Izak Meyer, wat 36 jaar gelede oorlede is, getroud.


Thomas Mkhatywa is Ella Meyer se getroue tuinwerker en was deel van die feesvieringe.

Die twee is deur Ella se pa aan mekaar voorgestel, en die gesin is as die ā€˜hoi polloisā€™ bekend gewees onder vriende en bure.

Haar geheim tot ‘n lang lewe is haar geloof. Sy het altyd gebid, haar familie en vriende se karre geseĆ«n, en seker gemaak haar familie gereed saam bid.

ā€œA family that prays together stays together,ā€ het Marie gesĆŖ.

Vir Ella was haar lewe se grootste hoogtepunt om haar God te ken.

ā€œJy moet die Here ken, anders beteken jy niks,ā€ het sy vertel.

Die verjaarsdagvieringe was ‘n spoggerige geleentheid, met die gaste wat in hul beste klere en juwele opgedaag het.

Die tema van die partytjie was ā€œElla se parlementā€, waar al die gaste tong-in-die-kies as korrupte ministers aangetrek het. Ella was egter die eerlike, geliefde koningin van die parlement.




ALSO CHECK:Ā Ma besoek plek waar haar kind sterf na ā€˜n jaar

ALSO CHECK:Ā Motorfietsryer skenk organe na sy dood

Related Articles

 
Back to top button