Local newsNewsSport

Arend danser wys hoe dit gedoen word by kompetisie

Die Graad sewe leerder het 'n eerste, twee tweedes en 'n vierde plek behaal.

Dunay Lategan, ‘n Graad Sewe leerder aan Laerskool Die Arend, het op 27 April deelgeneem aan die Freedom Day Dance Championships wat deur die South African Dance Foundation aangebied is.

Die danser, wat deel is van die Center Stage Dance Studio in Boksburg, het ‘n eerste plek in hip-hop in die rising star kategorie behaal, sowel as tweede plek in die freestyle en disco items in intermediate, en vierde in slowdance in die intermediate kategorie.

Sy het ook haar kampioen status in freestyle en disco ontvang van die South African Dance Foundation.

Haar gunsteling dans item is freestyle. Sy dans al van sy vier jaar oud is, en hierdie jaar sal haar 10de jaar wees wat sy dans.

Dunay se volgende mikpunt is om in hip-hop en slowdance haar kampioen status te verkry, en om in freestyle en disco haar Premier kampioen status te verkry.

Dunay se pa, Frans Lategan, is baie trots op sy dogter se prestasies.



LEES OOK: Groot skade toe veteraan motor in ongeluk betrokke is

LEES OOK: Reunite woman with her stolen parrots

Related Articles

 
Back to top button