Skole ontvang benodighede van Solidariteit Helpende Hand
Die nuwe takbestuurder het by die diep kant ingespring om te help waar sy kan.
Solidariteit Helpende Hand se Brakpan-tak hou skole na aan die hart, met twee uitreik projekte na skole kort na mekaar.
Die tak se nuwe voorsitter, Charmaine van der Heever, onlangs kruideniersware afgelewer by die Laerskool Môrewag, wat groot nood het in terme van kos vir die skool se voedingskema.
Sy het ook by Hoërskool die Anker aangedoen om sanitêre doekies en seep af te laai vir die skool se kinders in nood.
Helpende Hand is baie dankbaar vir die borge wat hierdie skenkings moontlik gemaak het, en Charmaine hoop om die gemeenskap te bemoedig om self betrokke te raak by skole se liefdadigheidsprojekte.
“Ouers moet betrokke raak by hul kinders se skole se welsynsprojekte waar hulle kan, daar is baie kinders in nood wat deur die skole ondersteun word,” het sy gesê.
LEES OOK: Kerk se karnaval is ‘n vrolike gedoente
LEES OOK: CPF chairperson honoured with medal for outstanding service



