Maak die regte keuse: Inwoners kan hul dienslewering kwessies uitwys
Hierdie is jou geleentheid om die dienslewering kwessies wat die dorp pla na vore te bring.
Met die verkiesing wat op hande is, is dit ook noodsaaklik om plaaslike dienslewering uitdagings uit te wys en aan te spreek.
Terwyl Suid-Afrika vir die komende verkiesing op 29 Mei voorberei, maak inwoners gereed om hul demokratiese regte uit te oefen en sodoende ‘n impak te hê op die toekomspad van die land.
Met hierdie deurslaggewende oomblik op die horison, word inwoners versoek om te besin oor die dringende kwessies wat hul daaglikse lewens raak voordat hulle na die stembus gaan.
Die Brakpan Herald rig ‘n uitnodiging aan alle inwoners om hul dienslewering kwessies uit te lig.
Of dit nou slaggate in paaie is, kragonderbrekings, vervalle infrastruktuur, die swak instandhouding van openbare ruimtes of onwettige storting; elke opinie dra by tot die in die vorming van die toekoms van die dorp en land.
LEES OOK: Body of kidnapped businessman found in veld
Alhoewel die fokus van die 2024 verkiesing op die daarstelling van die nasionale en provinsiale leierskap sal wees, is dit van kardinale belang om nie die kwessies in die dorp en woonbuurte oor die hoof te sien nie.
Deur lig te werp op hierdie plaaslike bekommernisse, kan inwoners meer ingeligte besluite neem oor die leierskap wat hulle kies om hul belange op ‘n breër vlak te verteenwoordig.
Hierdie is jou geleentheid om die dienslewering kwessies wat die dorp pla na vore te bring.
Stuur ‘n e-pos na brakpanherald@caxton.co.za en merk die onderwerplyn as: Maak die regte keuse.
Sluit ‘n foto in van die probleem, asook die ligging en ‘n kort beskrywing daarvan.
LEES OOK: Show care to children undergoing stem cell transplants



