Local newsNews

Dowwe padmerke ‘n kopseer vir inwoners, motoriste

Dit kan veral in ‘n groot probleem ontaard wanneer ‘n motoris nie vertroud is met die area nie.

Charma du Plessis
Padmerke in die dorp, wat op plekke skaars sigbaar is, veroorsaak groot frustrasie en hou ‘n gevaar vir motoriste en voetgangers in.
Op vele plekke in die dorp is padmerke by stoptekens, voetoorgange en op spoedwalle skaars sigbaar.
'n Spoedwal sonder duidelike strepe kan maklik misgekyk word en kan tot groot skade aan ‘n voertuig se onderdele lei.
'n Voetgangerkruising is juis daar vir die veiligheid van voetgangers, maar indien dit nie duidelik in die pad sigbaar is nie kan dit maklik deur ‘n motoris misgekyk word.
Waar stoptekens onsigbaar is, weens byvoorbeeld oorhangende takke van bome of in gevalle waar dit gesteel of gevandaliseer is, is motoriste afhanklik van padmerke wat die stopstraat aandui. Dit kan veral in ‘n groot probleem ontaard wanneer ‘n motoris nie vertroud is met die area nie.
Hennie Steyn bly al vir 10 jaar in die huis op die hoek van Paul Krugerlaan en Cardiganstraat, en hy sien daagliks hoe mense bloot oor die kruising, waar die padmerke skaars sigbaar is, jaag.
“Mense jaag net oor en een van die dae gaan hier 'n groot ongeluk wees,” het hy gesê.
Die Metro het op navraag oor die kwessie aangedui dat hulle 'n opdrag aan 'n kontrakteur gegee om werk uit te voer om die hoofpaaie in Brakpan en Tsakane oor te verf. Geen inligting oor systrate is deurgegee nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button