Drie palmbome in Prince Georgelaan brand na weerlig tref
Die Stad van Ekurhuleni se nooddienste het later opgedaag om die brandende bome te blus en die pad is vir 'n wyle vir verkeer gesluit.
Prince Georgelaan is bekend vir die pragtige palmbome wat al vir baie dekades op die middelmannetjie van die dubbelpad groei.
Gistermiddag (Woensdag) laat het ’n baie ongewone verskynsel voorgekom toe weerlig veroorsaak het dat drie van hierdie bome aan die brand raak.
Hewige donderweer het laatmiddag gewoed en kort daarna het die drie bome begin brand.
Inwoners het dié rare verskynsel vasgevang en op sosiale media gedeel.
Die Stad van Ekurhuleni se nooddienste het later opgedaag om die brandende bome te blus en die pad is vir ‘n wyle vir verkeer gesluit.
Sovêr bekend is niemand beseer nie.
LEES OOK: Far East Rand Hospital gets three solar cameras
LEES OOK: East Rand Children’s Haven charity shop now includes a gift shop




