Local newsNews

Kinders sal baat vind by Tutela se kolwyntjieprojek

Die projek beoog om 60 meisies te bederf gedurende die Desember vakansie.

Tutela Gesinsorg beplan om gedurende die Desember vakansie sowat 60 meisies tussen die ouderdom van sewe en 18 te bederf.

Die projek gaan plaasvind van 11 tot 13 Desember, waar die organisasie vir minderbevoorregte meisies ‘n kolwyntjie gaan gee om self te versier, sowel as ‘n ligte middagete en ‘n klein geskenkie, verpak in ‘n kolwyntjie papierkoppie.

Die tema is ‘Wees ‘n kolwyntjie in ‘n muffin wêreld’ en Tutela benodig donasies om die projek moontlik te maak.

Items wat benodig word is bestanddele vir die kolwyntjies, versiersuiker, koeldrank, middagete, en klein geskenkies, wat sanitêre ware, room, seep, haarrekkies, en ander benodighede vir meisies insluit.


Geskenkies sal in kolwyntjie papierhouers verpak word soos op die foto. Foto: Verskaf.

Daar is ook donasie blikke beskikbaar wat besighede kan gaan afhaal by die organisasie se nuwe perseel te Victorialaan 73, om op strategiese plekke te plaas.

Die publiek kan dan in daardie blikkies kontant donasies maak.

Met die projek word daar beoog om 60 meisies te help, maar indien daar genoeg skenkings is kan die projek uitgebrei word om meer kinders te betrek.

Vir meer inligting, skakel Adél Mostert by 061 190 1370.



ALSO READ: CoE commits to transparency during SIU investigation

ALSO READ: Help SABMR raise funds for life-changing stem cell transplants

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button