Local newsLocal sportNews
Anker skaakspeler verteenwoordig Ekurhuleni
Die Anker leerder en lid van die Springs Skaak Klub het goed gevaar by die spele.
Emuel Pitzer, ‘n Graad Agt leerder by Hoërskool Die Anker, het by die Springs Skaak Klub die regte skuiwe gemaak en is gekies as een van vyf leerders om Ekurhuleni by die Soncini Games op 26 Oktober te verteenwoordig.
Ekurhuleni se span het goud verwerf, waar Emuel vyfde gekom het uit 28 spelers. Hy het teen spelers uit Tswane, Johannesburg Metro, Wesrand, Sedibeng, en die Italiaanse span uit Reggio Emilia deelgeneem.
Emuel is ook gekies om by die Interstreek Kampioenskappe in die o16-groep op 7 en 8 Desember deel te neem.
LEES OOK: Tweedy Park inwoners geniet jaarlikse Kersete
LEES OOK: ReboundSA’s annual Bounce-A-Thon raises funds for Cansa
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



