Ondersteun die Brakpan DBV gholfdag
Maak gereed om af te slaan ter ondersteuning van die diere by die Brakpan DBV.
Dit is amper tyd vir die Brakpan DBV se jaarlikse gholfdag en hierdie jaar se geleentheid beloof om beter as ooit te wees.
Die gholfdag, wat op 29 November by die State Mines Country Klub plaasvind, word in samewerking met Mall@Carnival, State Mines Country Klub, Secure Tech Sekuriteit en Danie VDW Musiek aangebied.
Die koste beloop R3 000 vir ‘n span van vier, wat twee gholfkarretjies en aandete insluit. Registrasie begin om 10:00 met ‘n gespasieĆ«rde aanvang. Die eerste afslaan is om 10:45.
Die bekende radiopersoonlikheid, Danny Painter sal die seremoniemeester vir die dag wees.
As jy nie ‘n gholfspeler is nie, maar steeds jou ondersteuning wil gee, is borgskappe van gate beskikbaar vir R2 500.
Donasies van troeteldierkos sal ook op die dag verwelkom word. Om jou plek te bespreek, stuur ‘n e-pos na manager@brakpanspca.co.za
LEES OOK: Help feed the furry friends at the Brakpan SPCA
LEES OOK: Join the Windy Corner Shellhole for a fun day out



