Local newsNews
Vrywilligers gesoek vir televisiereeks
Hierdie reeks sal vanaf 18 tot 28 November verfilm word.
André, die skreeusnaakse hipnotiseur gaan binnekort sy nuwe televisie reeks, Skaterlag met André, verfilm.
Om ‘n suksesvolle seisoen te verseker is André op soek na jong vrywilligers om in die reeks op te tree.
Volgens hom moet die vrywilligers nie skaam wees en skroom om pret op die verhoog te he nie.
Hierdie seisoen sal vanaf 18 tot 28 November by die New Orleans Teater by Carnival City verfilm word.
Persone wat belangstel om deel van die televisiereeks te wees kan Monica Booysen kontak by 011 815 3000 of info@lefra.com
LEES OOK: Two more dancers fare well at SAs
LEES OOK: Medical students ready to pursue their calling
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



