Local newsNews

Laerskool Brakpan-Oos se skoolhoof groet na 36 jaar in die onderwys

Hy word onthou as 'n leier wat gemeenskap skep, eerder as beheer toepas.

Die hoof van die Laerskool Brakpan-Oos, Gideon Bubb het na 36 jaar diens in die onderwys halt geroep. Bubb was vir die afgelope ses jaar skoolhoof.

“Na 36 jaar van toewyding en onbaatsugtige diens aan ons skool is dit moeilik om in woorde uit te druk hoe diep meneer ‘n verskil gemaak het,” het Michelle Benade, ‘n woordvoerder vir die skool in ‘n spesiale boodskap op sosiale media geskryf.

“Ons is dankbaar vir die talle jare van harde werk, die moeilike besluite wat geneem is, en die blywende nalatenskap wat hier gelaat word.”

“Hierdie hoof se naam sal nog jare lank met trots in die geskiedenis van ons skool weerklink, en sy invloed sal voortleef in die harte van elke kollega en leerder.” skryf sy verder.

Bubb se verbintenis met Laerskool Brakpan-Oos kom ‘n lang pad, aangesien hy sy laerskool loopbaan daar deurgebring het.

Hy word onthou as ‘n leier wat gemeenskap skep, eerder as beheer toepas.

“Ons wens meneer ‘n gelukkige en vervullende aftrede toe. Mag hierdie nuwe hoofstuk gevul wees met rus, avontuur en tyd saam die mense en dinge wat meneer die meeste geniet,” sluit Benade mee af.



LEES OOK: Mayor reflects on achievements at final council sitting

LEES OOK: How local radio presenter has become a champion of SA music

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button