Local newsLocal sportNewsSport

Vrou katrol groot swartbaars in

Die grootste baars wat ooit in Suid-Afrika gevang is, het 7.192 kg geweeg.

Meliny van der Merwe (43) van Brenthurst kon op 29 Desember haar opgewondenheid skaars beteuel toe sy ‘n groot swart grootbekbaars (Largemouth black bass) uitgetrek het.

Haar indrukwekkende vangs het die skaal se naald op 3.3kg laat stilstaan en dit was ook haar persoonlike beste vangs tot dusvêr. Meliny, wat vir die afgelope drie jaar graag vis vang het die baars by Emden Bass in Fouriesburg gevang.

“Dit was nie my eerste baars nie maar ek was baie in my skik toe ek die grootte en gewig van dié een sien,” het sy vertel en vinnig bygevoeg dat sy verkies om nie te veel te spog nie.

“Ek geniet dit om vis te vang en sien dit as ‘n stokperdjie en somtyds as ‘n genotvolle uitdaging om my man, Jacobus (45) en seun Melcolm Faber (18) die stryd aan te sê,” vertel sy.

Sy noem dat die vis effe terug gebaklei het toe sy dit ingekatrol het.

“Ek het nie eintlik gesukkel nie en was eerder bekommerd of ek dit dalk in die proses gaan verloor aangesien ek ‘n gevoel gehad het dat ek ‘n grootte aan die hoek het.


Meliny van der Merwe met ‘n kleiner baars wat sy ook kant toe gebring het.

“Ek voel baie bevoorreg om so ‘n groot baars te kon uit trek, veral omdat dit nie vanaf ‘n boot was nie en dit nog ‘n redelike nuwe sport vir my is. Ek geniet dit regtig om vis te vang, maar ek maak seker om vir elke vis wat ek vang dankie te sê.

“Daarna maak ek seker ek haal die hoek versigtig met ‘n tang uit, dan vryf ek die vis voordat ek dit saggies terug plaas in die water.

“Ek het ‘n groot liefde vir diere en dit is nooit my intensie om enige dier seer te maak nie. Ons glo ook vas aan `catch en release’.

“Hoe anders gaan die visse ooit groot word en aanteel? Indien almal visvang en nie die visse terug sit nie gaan daar kort voor lank nie meer vis oor wees om te vang nie,” het Meliny gesê.

• Die grootste baars wat ooit in Suid-Afrika gevang is, het 7.192 kg geweeg. Dit is deur Wayne Naude in August 2018 by Loskop Dam gevang.

Volgens rekords is die grootste baars ter wêreld in 1932 by die Montgomery Lake in Georgia deur George Perry gevang. Dié vis het 22 pond en 4 onse (10.092 kg) geweeg.



LEES OOK: Huis Talita ontvang skenking van Mej Springs

LEES OOK: Just Wheels bring vreugde aan 300 bejaardes

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button