Local newsNews

Stoffberg matrikulante behaal 99.3% slaagsyfer en 54 onderskeidings

Die leerders was opgewonde om hul sertifikate te ontvang, en verskeie van hulle het onderskeidings met een of twee persent gemis.

Hoërskool Stoffberg se Klas van 2024 het gister (Dinsdag) saam met die res van die land se matrikulante hul matriek uitslae ontvang en spog met ‘n 99.3% slaagsyfer.

Altesaam 27 leerders het ook onderskeidings behaal, met ‘n totaal van 54 onderskeidings. Calie Boshoff wat sewe onderskeidings behaal het, is die skool se top presteerder.

Vyf onderskeidings het gegaan aan Jacques Dean en Chanté Labuschagne, vier aan Anoeshka van Wyk, en drie elk aan Suné de Rouwe, Tiaan du Toit en Chelle-Marie Schoeman.

Leerders wat elkeen twee onderskeidings behaal het, is Dyllin Coetzee, Dian le Roux, Justin Nel en Armand van Buuren.
Altesaam 16 leerders het elk een onderskeiding ontvang.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button