Local newsNewsSchools

KYK: Anker matrieks trots op hul onderskeidings

Die matrikulante is baie trots op hul uitslae, en het hard saam met onderwysers en ouers gewerk om dit te bereik.

Izelle Nortje het drie onderskeidings ingepalm vir wiskunde geletterdheid, besigheidsstudies en rekenaar- toepassingstegnologie. Sy studeer vir geoktrooieerde rekeningkunde, maar besluit nog waar. Foto: verskaf.

Dit was Dinsdag die oomblik van waarheid vir die 2024 matrikulante van Hoërskool Die Anker en te danke aan ‘n gekombineerde poging volgens waarnemende hoof, Alyssa Strydom, was die uitkoms baie goed.

Met agt leerders wat drie of meer onderskeidings ontvang het, en ‘n slaag syfer van 99.5%, het die skool baie om op trots te wees.

“Dit was regtig ‘n kwessie van samewerking deur ouers, die leerders en veral die onderwysers,” het Strydom gesê.

“Ons is baie trots op ons matrieks.”

Lee-Ann Esterhuizen het vyf onderskeidings in Afrikaans huistaal, Engels eerste addisionele taal, lewensoriëntering, besigheidsstudies en gasvryheid. Sy gaan na ‘n oorbruggingsjaar sielkunde studeer by Eduvos.
Rochelle Fillies het drie onderskeidings in toerisme, ingeneursgrafika en ontwerp, en wiskunde geletterdheid. Sy gaan studeer by ‘n privaat kollege studeer om ‘;n tekenaar te word.
Jared Botha het vyf onderskeidings in Afrikaans huistaal, Engels eerste addisionele taal, wiskunde, rekeningkunde en rekenaar- toepassingstegnologie. Hy wil by die NWU Potchefstroom kampus studeer vir geoktrooieerde rekeningkunde.


Sy vertel ook hoe die onderwysers werklik moeite in gesit het om die leerders te help presteer, met ekstra klasse voor en tydens die eindeksamens, winterskool, lenteskool en ekstra remediërende lesse.

“Die ouers het ook hul kant gebring, en konstant by die huis met hul kinders gewerk om hul beste te gee. Daar was ook ekstra werkkaarte en take wat deur onderwysers uitgereik is.”

Strydom is van 2025 af waarnemende hoof nadat Stefan Killian laat in 2024 uitgetree het om na die Kaap te verhuis. “Ons gun hom die geleentheid, en ek het groot skoene om vol te staan,” het Strydom gesê.

“Ek is baie bly dat die groep so goed gedoen het, en ek glo dat onder ons as skool kan werk om te verseker dat die volgende groep weer mooi uitslae sal kry,” het sy bygevoeg.


Odette van Dyk het vier onderskeidings in Afrikaans huistaal, Engels eerste addisionele taal, lewensoriëntering, en besigheidsstudies. Sy gaan besigheidsregte studeer.

 

Isabel Hough het drie onderskeidings in Afrikaans huistaal, lewensoriëntering, en rekenaars- toepassingstegnologie. Sy gaan haar Bcom in rekeningkunde kry by NWU Potchefstroom.

Nachalee Creser het vyf onderskeidings in Afrikaans huistaal, Engels eerste addisionele taal, lewensoriëntering, besigheidsstudies en drama. Sy werk terwyl sy deeltyds by Akademia studeer.


LEES OOK: Fig on the Rock bekroon as een van SA top 10 koffiewinkels

LEES OOK: Stoffberg matrikulante behaal 99.3% slaagsyfer en 27 onderskeidings

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Themba Vukeya

Experienced journalist and news editor skilled in creating compelling digital content. Expertise includes breaking news, feature writing, and engaging storytelling across diverse stories.

Related Articles

Back to top button