KYK: Stoffies se nuwe Graad Agts verwelkom met pret dag
Die dag vas vol van pret en genot en die gees het hoog geloop.
Hoërskool Stoffberg het op 14 Januarie hul nuwe Graad Agt groep ontvang vir ‘n pret dag en toer van die skool, om hulle in te wei as ware Stoffies.
Die dag het begin met ‘n toer van die skool, sowel as die verdeling van klasse en bekendstellings van die skool se dissiplinêre komitee (DK), en onderwysers.
Daarna is die nuwelinge in groepe opgedeel om na verskillende stasies rondom die skool te gaan waar hulle aan verskeie aktiwiteite deelgeneem het.
Een van die stasies het aan hulle die skool se waardes en ander belangrike inligting geleer, en ‘n ander die dans vir hulle verwelkomingskonsert.
Die stasie wat heel moontlik die meeste opwinding veroorsaak het is die boeresport stasie, waar die groentjies tou getrek het, hoela hoep gespeel het, in meel gegrou het vir lekkers, en hulself moes bewys met sakresies.
ALSO READ: FOTO’S: Skole verwelkom hul Graad Eens
ALSO READ: Nuwe gesig by Helpende Hand Brakpan-tak reeds aan die woeker





