Moet nie Meat World se 30ste bestaansjaar fees misloop
Aktiwitiete vir oud en jonk sal deur die loop van die dag aangebied word en bekende kunstenaars sal op die verhoog te sien wees.
Meat World vier vanjaar sy 30ste bestaansjaar op 26 April met ‘n opwindende musiekfees wat by Springs Meat World te Paul Kruger-hoofweg angebied word.
Die hekke vir die fees open om 11:00 en Meat World sal buitengewone spesiale aanbiedinge gedurende die dag aan hul kliënte bied.
Die musiekfees sal spog met sommige van Suid-Afrika se grootste kunstenaars, insluitend MiCasa, Francois van Coke, DJ Dazzy Funk, Pieter Smith, Ruhan du Toit, Bernice West, Mari Bosman en Amapiano DJ Zan D.
Daar sal ook ‘n vlooimark, biertent, kosstalletjies en hope vermaak vir die kinders wees. Meat World se bekende braai kompetisie sal ook op dié dag plaasvind.

Besturende direkteur van die Meat World Group of Companies, Angelino Pereira, sê dat hulle 30 wonderlike in styl gaan vier met ‘n opwindende reeks kunstenaars.
“Ons is dankbaar vir al die lojale ondersteuning wat ons ontvang het oor die afgelope 30 jaar en met hierdie verjaarsdagviering ons wil elke kliënt wat ons oor die jare ondersteun het, bedank. Ons nooi al Meat World se kliënte uit om die fees te kom geniet,” het Pereira gesê.
Die eerste Meat World het in 1995 in Springs geopen, en na die sukses daarvan het daar sedertien al 18 ander slaghuise regoor die land oopgemaak.
Die Meat World tak in Witbank sal ook op 26 April sy deure open, wat die totale getal tot op 19 bring. Vir meer inligting oor die musiekfees, kontak Lefra Produksies by 011 815 3000 of stuur ‘n e-pos na info@lefra.com
LEES OOK: Sad state of affairs at Brakpan parks
LEES OOK: City of Ekurhuleni scraps fee for replacing stolen service cables



