Local newsNews

VLU lede leer nuwe breitegniek

Die tak is ook deur die streek voorsitter besoek om hulle geluk te wens vir hul prestasies by die konferensie.

Die VLU Brakpan-tak het Dinsdag by hul maandelikse vergadering ‘n nuwe breitegniek aangeleer.

Barbara Steenkamp, die tak beoordelaar, het die tien-steek brei aanbieding gedoen en die lede verskillende maniere gewys om die tegniek te gebruik.

Die tegniek behels om ‘n lang strook van 10 steke te brei, en deur middel van driehoek stukkies die strook te laat draai dat hy in ‘n groot paneel omskep word.

Die mees algemene gebruik van die tegniek is in komberse, maar dit kan onder meer gebruik word vir tafellopers, tafeldoeke, truie en serpe.


Een van die lede pas die tegniek toe wat gedemonstreer is.

Ronel Lombaard, streek voorsitter vir die Goudrif streek, het ook ‘n amptelike besoek gemaak om die tak geluk te wens vir hul goeie prestasies by die konferensie.

“Lig daardie skouers op, glimlag breed en wees trots op jouself,” het sy gesê.

“Kom ons pak 2025 aan, gaan voluit en geniet dit. Dit moet ‘n uidaging wees en ons moet onsself verryk. Dis waaroor die VLU gaan,” het sy bygevoeg.

Die VLU Brakpan-tak vergader elke tweede Dinsdag van die maand by die Just Wheels klubhuis, Kitzingerlaan 169, Dalview, om 10:00.


LEES OOK: Brakpan police warn of rising online banking scams targeting seniors

LEES OOK: Gebreekte vensters, weeluise en kokkerotte teister bejaardes by Tweedy Park


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button