Local newsNews

Dapper Sonneveld-kleuter veg teen aggressiewe kinderkanker

Die vierjarige se ouers skep bewustheid van kinderkanker terwyl hulle saam met hul dogtertjie baklei teen die siekte.

‘n Vierjarige kleuter van van Sonneveld veg ‘n buitengewone stryd teen ’n seldsame vorm van kinderkanker terwyl haar verhaal ook vele mense insipreer.

Miné Steyn is in Desember 2024, nadat verskeie mootlikhede oorweeg is, met adrenokortikale karsenoom (AKK) gediagnoseer.

Dié aggressiewe kanker ontstaan in die buitewand van die byniere, wat verantwoordelik is vir die vervaardiging van hormone soos kortisol, aldosteroon en androgene.

Dié kanker is so seldsaam dat dit in die VSA, waar dit bestudeer word, net voorkom in 0.7 tot 2 uit ‘n miljoen mense.

Miné is volgens haar ouers die eerste pasiënt in Suid-Afrika wat eksperimentele medikasie vanuit die VSA vir dié kanker gebruik.

Volgens Miné se ouers, Hennie (40) en Anele (34) Steyn, is dié vorm van kanker vier keer meer aggressief as longkanker, en het dit die onvoorspelbare vermoë om op verskeie plekke in die liggaam te verskyn, sonder aanduiding van hoe dit daar beland het.


Miné Steyn se kanker is baie seldsaam.

Miné is ook tans op chemoterapie, waar sy vir ‘n week lank op ‘n keer haar dosisse kry, en dan 21 dae na die eerste dag van haar laaste behandeling begin sy weer.

Sy het al vier sessies agter die rug met ongeveer ses wat nog voorlê.

Wat Miné se ouers en dokters verstom, is dat haar bloedtellings, wat normaalweg sowat 21 dae neem om in ’n kind van haar ouderdom te herstel, telkens binne net ’n week na normale vlakke terugkeer.

Sy het op haar laaste sessie ‘n terugslag beleef, deurdat die poort waardeur haar chemoterapie toegedien word septies geraak en verwyder moes word.

Op 22 April gaan hierdie klein vegter weer vir ‘n MRI- en PET-skandering om te kyk hoe die kanker verander het. Gebasseer op die uitslae van hierdie toetse sal daar besluit word of die poort teruggesit sal word, en of Miné sal kan voortgaan met chemo.

Vir so klein lyfie het sy al baie deurgegaan, en met die oorspronklike diagnose is sy ook geopereer om die gewas op haar nier te verwyder.


Miné Steyn in die hospitaal.

Tog gaan Miné drie maal ‘n week steeds kleuterskool toe, om te verseker dat daar ‘n sin van normaliteit in haar lewe is, en dat die behandeling nie haar ontwikkeling stuit nie.

Haar dapper geveg word ook op TikTok aangeteken om bewustheid te skep vir kinderkanker en die moeilikhede wat daarmee gepaard gaan. Een van die video’s, waar Miné se hare afgeskeer moes word, het al meer as 6 miljoen kyke. Die profiel het ook vinnig gegroei van minder as 10 volgelinge na duisende.

‘n Staaltjie wat Hennie herroep is dat ‘n man in die hospitaal na hulle toe geloop het en gesê het dat Miné se oë miljoene siele gaan red.

Die gesin hou ook gereelde bewusmaking geleentheede om fondse in te samel, sowel as om mense bewus te maak van kinderkanker, wat enige kind kan tref.

Die ouers van vele kinders wat vir kanker behandel word in die hospitaal, kan dit nie bekostig nie en vir talle van hul ouers is dit nie moontlik om voortdurend by hul siek kinders te wees nie.




ALSO CHECK: Wednesdays reserved for pensioner licence renewals

ALSO CHECK: No more overflowing rubbish bags: CoE bins are mandatory

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button