Local newsNews

Panne reg vir Vereeniging in President Liga finaal

Die finaal vind Saterdag op die Bosman Stadion plaas.

Brakpan kom Saterdag teen Vereeniging te staan in die finaal van die President Liga. Dit volg nadat Brakpan die afgelope naweek met Springs afgereken het.

Die eerste span het gemaklik met 53–15 gewen, en die tweede span het Springs met 24–6 geklop. Tjaart Scheepers was die eerste span se apeler van die wedstryd.

Hy het met meesterlike spel bewys dat ’n haker ook soos ’n senter kan beweeg. Scheepers het die verdedigers aan die raai gehou en was rotsvas met sy verdediging en akkuraat met die lynstaan ingooie.

Brandon Els het ’n goeie wedstryd vanaf die begin tot die einde gespeel, wat vir hom die speler van die wedstryd toekenning vir die tweede span besorg het.


LEES OOK: Saint Stithians’ Saints SportsFest closes with a bang


’n Pragdrie, wat in sy eie 22 begin het, tesame met sy goeie balvaardigheid en distribusie, het hom laat uitstaan.

Die bestuur van die rugbyklub het gevra dat ondersteuners Saterdag in groot getalle sal opdaag om Brakpan se spanne in die finaal te ondersteun.

Die o21’s se wedstryd begin om 13:00, die tweedes skop om 14:40 af, en die eerstes sal om 16:00 op die veld draf.

“Ons sien uit na ’n groot finaal, en ons nooi almal uit om ’n middag van skouspelagtige rugby te kom geniet,” het Frikkie Bosman, voorsitter van die Brakpan Rugbyklub, gesê.

Die toegangsgeld is R20 per persoon en R20 per motor. Geen koelerbokse sal in die stadion toegelaat word nie.


LEES OOK: Rising rugby stars collide at St John’s Festival: A day of schoolboy brilliance lined up


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button