Brakpan Boksklub bied suksesvolle toernooi aan
Waardevolle ondervinding opgedoen deur die klub se boksers.
Die Brakpan Boksklub het op 3 Mei ’n suksesvolle bokstoernooi by die Brakpan Binnenshuise Sportkompleks aangebied.
Verskeie plaaslike boksers het puik vertonings gelewer. André Maré het sy geveg met ’n puntebeslissing van 3-0 gewen. John Stoffberg en Braam Labuschagne het ook oortuigend met 3-0 punte geseëvier.
Chanté-Lee Labuschagne, wat beseer is, het haar geveg verloor. Talita Roos het ook op punte verloor, maar haar geveg teen ’n taai teenstander is aangewys as die geveg van die dag.
Dejandré Labuschagne het sy geveg ook met punte verloor.
Volgens die bestuur van die Brakpan Boksklub was die toernooi ’n groot sukses, en is waardevolle ondervinding opgedoen deur die klub se boksers.
Hulle het hul dank teenoor ondersteuners uitgespreek en sien uit na toekomstige byeenkomste.




