Local newsLocal sportNewsSport
Brakpan Rugbyklub is gereed om Peregrine Liga teen NWU Vaal af te skop
Klub- sowel as skole rugby wag op toeskouers by die Bosman Stadion.
Brakpan Rugbyklub skop môre (Saterdag) die Valke Peregrine Liga af teen NWU Vaal. Die wedstryde vind op die Bosman Stadion plaas, en die klubbestuur hoop dat die publiek die tuisspan sal ondersteun.
Vroeër in die dag sal die Hoërskole Elspark en Vereeniging Gimnasium mekaar die stryd aansê.
Die tye vir die skolerugby is:
- Die o15 spanne skop om 08:00 af op die A-veld en die tweede spanne op die B-veld.
- Om 09:00 draf die o16-spanne uit op die A-veld en die o14-spanne op die B-veld.
- Dié skole se eerste spanne speel om 10:00 op die A-veld.
- Die wedstryde tussen Brakpan en NWU begin om 13:00 wanneer die o21s speel.
- Daarna speel die tweedes om 14:40 en die eerstes se wedstryd skop om 16:00 af.
- Al drie dié wedstryde word op die A-veld gespeel.
- Die ingang is R20 per persoon en R20 per voertuig.
LEES OOK: Arende vlieg hoog met punte vir eerste kwartaal
LEES OOK: Lucky reader snoozes in style thanks to The Bed Shop
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



