Local newsNews

OPVOLG: Ekurhuleni pomp riool besoedelde swembad in Elliotstraat leeg

Alhoewel die vuil water uitgepomp is, is die swembad steeds onbruikbaar.

Die Herald het verlede week berig oor ’n swembad by ’n woning in Elliotstraat wat met rioolwater oorstroom is, nadat rou riool by ’n drein in die erf opgestoot en in die swembad ingeloop het. (Swembad besoedel met riool)

Kommentaar is van die Stad van Ekurhuleni ontvang, waarin aangedui word dat die riool afdeling die swembad sal dreineer, ontsmet en weer vul.

Peet Venter het aan die Herald bevestig dat die Stad van Ekurhuleni inderdaad Donderdag die swembad leeg gepomp het en voorgestel het om dit weer vol te maak.

“Ek oorweeg egter eers verskeie opsies, aangesien daar sigbare skade aan die swembad is.

“Dit sal waarskynlik meer werk verg as om dit bloot net skoon te maak en weer vol te pomp,” het Venter gesê.



LEES OOK: SARS makes tax filing easier with new express features

LEES OOK: Sonneveld Akademie onderwyser tree af na 38 jaar in die onderwys

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button