Local newsNews

Easy Glass steun inwoners van Tweedy Park met twee nuwe vensters

Die vensters was sedert April gebreek en die metro het na bewering geen begroting gehad om dit te vervang nie.

Die Brakpan Herald het onlangs berig dat die inwoners van die Tweedy Park Kompleks se woonstelle verskeie probleme in die gesig staar.

Intussen het Easy Glass na die Herald uitgereik om die kontakbesonderhede te kry vir die inwoners wat nuwe vensters benodig, waarna hulle twee vensters geborg en geïnstalleer het.

Die inwoners van die woonstelle waar die nuwe vensters geïnstalleer is het maande gesit met koue en nat weer wat hulle siek gemaak het en hul meubels beskadig het.

Hulle wil graag anoniem bly, maar mede-inwoners Petro Brits en Antoinette Esterhuizen, wat die projek gefasiliteer het, is baie dankbaar dat hul bure weer veilig en warm kan slaap.



LEES OOK: Gebreekte vensters, weeluise en kokkerotte teister bejaardes by Tweedy Park

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button