Local newsLocal sportNews

Verre Oos-Rand Hengelklub Julie kompetisie lewer goeie resultate

Besoekers is welkom by die volgende kompetisie op Vrouedag by Trichardtsfontein.

Die Verre Oos-Rand Hengel Klub (VORHK) het 12 Julie by die Boschkop oord, Vaaldam bymekaar gekom en ‘n gesamentlike gewig van 26.15kg vis ingetrek. Die aantal vis is 21, en uitslae is as volg:

Dames:
• Eerste plek Mona Muller drie vis vir 4kg.

Mans:
• Eerste plek Eddie Massyn vyf vis vir 3.35kg.
• Tweede plek Gert Muller twee vis vir 2.05kg.
• Derde plek Pieta Bekker een vis vir 1.1kg.

Meesters:
• Eerste plek Kobus van Zyl nege vis vir 8.75kg.
• Tweede plek Mike van Dyk twee vis vir 2.65kg.
• Derde plek Gert van Niekerk twee vis vir 1.75kg.

Die volgende kompetisie vind op 9 Augustus plaas by Trichardtsfontein, en besoekers is welkom. Vir meer inligting, kontak Kobus van Zyl op 082 411 2669 of Pieta Bekker op 062 789 2808.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button