Local newsLocal sportNews
Nigel sit goeie stryd op teen Brakpan maar verloor steeds
Dis die eerste seisoen vir Nigel in die Peregrine-liga.
NIGEL
Nigel Rugbyklub het op 26 Julie teen die voorlopers Brakpan Rugbyklub in die Valke Peregrine-liga te staan gekom.
Dit is die eerste seisoen wat Nigel in die Valke se strafste liga meeding.
Nigel se eerstespan het met 61–47 verloor, maar die telling weerspieël nie die volle verloop van die wedstryd nie. In die ooreenstemmende wedstryd vroeër vanjaar het Brakpan maklik met 63–10 geseëvier.
Die wedstryd was baie kompeterend. In die tweedespan-wedstryd het Brakpan net te veel skietgoed vir Nigel gehad. Die eindtelling was 57–14.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!






