Ekurhuleni-span speel gou klaar met waterlek in Brenthurst
Wat kon ’n groot waterprobleem gewees het, is gou opgelos toe die plaaslike span by Marsena Lodge in Brenthurst opgetree het.
R Howard, opsigter van Marsena Lodge, Brenthurst, skryf:
Ek het verlede week ’n ondervinding gehad met ’n waterpyp wat buite die kompleks gebars het. ’n Inwoner het my meegedeel dat die water net buite die kompleks uit die grond spuit.
Ek het ondersoek gaan instel en, toe ek daar aankom, was daar reeds ’n span van Ekurhuleni aan die werk. Hulle het klaar ’n gat gegrawe en die lek opgespoor.
Ek het met ’n personeellid, Charles, gepraat wat my meegedeel het dat hulle op pad was na ’n ander plek om ’n lek te herstel toe hulle verby die kompleks gery het. Die span het besluit om die lek onmiddellik te herstel aangesien dit nie lank sou neem nie.
Die waterlek het deur die nag ontstaan en die normale prosedure sou wees dat ek eers die inbelsentrum moes skakel om die probleem aan te meld. Maar danksy Charles en sy span se vinnige optrede was dit nie eers nodig nie.
Dit was voortreflike diens van die Ekurhuleni-span en dit word opreg waardeer.
LEES OOK: SASSA cautions beneficiaries on illegal deductions
LEES OOK: Women’s Day boxing tournament showcases skill, strength and elegance



