Local newsNewsSport

Brakpan eerstes val vas in Valke Peregrine eindstryd, tweedes en o21 wen

Die eerste span verloor net met ’n punt teen Vereeniging, terwyl die tweede span en o21’s as kampioene vanaf die veld gestap het.

Brakpan se eerste rugbyspan het Saterdag in ’n rillereindstryd van die Valke Peregrine Liga met een punt teen Vereeniging 39-38 verloor.

Die spelers het alles in die stryd gewerp. Die tweede span en die o21’s het ’n beter dag op die veld beleef en as kampioene van die Peregrine Liga van die veld gestap.

Die o21’s het NWU met 34-28 geklop, en die tweede span, wat teen Vereeniging gespeel het, het met 41-17 gewen.

Die spelers van die onderskeie wedstyde was Tjaart Scheepers vir die eerste span, Dewald Coetzer vir die tweedes, en by die O21’s was dit Keagen Trollip.


LEES OOK: Applications for Gauteng NPO funding go online August 18


Frikkie Bosman, voorsitter van die rugbyklub, het gesê die uitslag van die eerste span sal hulle nog lank bybly. Dit het egter nie net oor die telbord gegaan nie, maar ook oor die reis, die gees en die groei wat die klub saam met die gemeenskap beleef het.

“Ons Lilly Whites (tweede span) en ons o21-span het albei vir die eerste keer in meer as 10 jaar hul ligas gewen. Ons is besonder trots op die manne en hul afrigters vir die uitstaande prestasie.

“Hierdie seisoen het ons soveel redes gegee om trots te wees. Van die toewyding en deursettingsvermoë van ons spelers in al die ouderdomsgroepe, tot by die onbaatsugtige werk van ons afrigters en bestuur, en die getroue ondersteuning van ons borge en ondersteuners.

“Ons het inderdaad sukses behaal, beide op en van die veld af,” het Bosman gesê.



LEES OOK: Ekurhuleni urges calm as threats of service delivery protests circulate online

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button