Local newsLocal sportNews

Boogskutter word gekies om Ekurhuleni by SA’s te verteenwoordig

Die Sonneveld Akademie leerder en lid van Dynamic Archery in Springs is trots op sy prestasie.

Schalk Burgers, ‘n Graad 11-leerder van Sonneveld Akademie en lid van die Dynamic Archery-klub in Springs, het die naweek van 16 en 17 Augustus homself as ‘n bekwame boogskutter bewys.

Hy is verkies tot die Ekurhuleni-span wat van 5 tot 10 Oktober by die Polokwane Internasionale Lughawe aan die Nasionale Kampioenskappe gaan deelneem.

“Hy en sy spanmaats het reeds op 9 Augustus die provinsiale kompetisie oorheers en goud verower. Schalk het verder op die naweek van 16 Augustus tydens ‘n kompetisie by Hoërskool Elspark ‘n goue medalje in die hoërskool-seunsafdeling gewen,” vertel sy ma, Liana Burgers.

Hy het dit gedoen met 284 uit 300 punte en het ook algeheel derde geëindig vir die dag.

“Hy het ‘n passie vir die sport. Schalk oefen elke middag getrou na skool, partykeer onder spreiligte as hy te laat by die huis aankom, en wys dat harde werk en deursettingsvermoë vrugte afwerp,” sê Liana.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Charma Du Plessis

As a journalist, my goal is to present the public with all the information so they can make informed decisions, and as far as possible represent their voices in my reportage.

Related Articles

Back to top button