Local newsNews
Potjiekos kompetisie by Downtown baat bejaardes en kinders
Van die kos is verkoop terwyl oorblywende porsies uitgedeel is aan behoeftige instansies.
Downtown Pub & Grill het die lente afgeskop met ‘n potjiekos kompetisie ten bate van verskeie instansies wat die East Rand Children’s Haven, Pebble Bridge Ouetehuis en Ebenhaeser Tehuis vir Bejaardes insluit.
Sommige van die porsies is verkoop, en die oorblywende 96 porsies is uitgedeel aan die instansies. Die wenner van die dag was Nick Grobbelaar, wat sy R1 000 prysgeld weer teruggeploeg het in die fondsinsamelinginisiatief.
DiĆ© fondse, en die geld wat ingesamel is met die verkope van die potjiekos, gaan aangewend word tot die aankope van benodighede van die East Rand Children’s Haven.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!




