Local newsNews

Hoërskool Die Anker vier boomplantdag

Die inisiatief het omgewingsbewustheid bevorder en leerders saam met die skoolhoof en adjunkhoof betrek, terwyl hulle spanwerk en trots versterk het.

Die verteenwoordigende leerlingraad (VLR) van Hoërskool Die Anker het op 29 Augustus ‘n boomplantdag op die skoolterrein gereël.

Die inisiatief was deel van ‘n poging om omgewingsbewustheid te bevorder en ‘n groener en meer volhoubare leeromgewing te skep.

Die groep leerders het die boom geplant saam met waarnemende hoof Alyssa Strydom, en adjunkhoof Gavin Fourie.
Die tema van die dag was: ‘Plant vandag vir ’n beter môre.’

Die dag is vooraf beplan en fondse is ingesamel om die boom te plant. Die geleentheid het nie net die belangrikheid van bome en natuurbewaring beklemtoon nie, maar ook spanwerk en trots onder die leerders versterk.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Charma Du Plessis

As a journalist, my goal is to present the public with all the information so they can make informed decisions, and as far as possible represent their voices in my reportage.

Related Articles

Back to top button