Brakpan-stoeiers wys hul staal by nasionale kampioenskappe
Brakpan Vier stoeiers het aan die SA-kampioenskappe deelgeneem, met Sion Erasmus wat goud gewen het en Jacque Kriel wat sy Proteakleure ontvang het.
Die Brakpan Stoeiklub se Bulldogs het in Oktober op verskeie fronte uitgeblink, met vier stoeiers wat aan die SA Kampioenskappe deelgeneem het en een wat sy Proteakleure ontvang het.
Jacque Kriel is op 11 Oktober by die Menlopark Stoeiklub in Pretoria tydens die Protea Wrestling Capping Ceremony vir sy uitstaande stoeivernuf vereer.
Drie jong Bulldogs, Malan Jansan, Nathan van der Westhuizen (o10) en Lehan van der Westhuizen (o8) het aan die freestyle afdeling van die SA Kampioenskappe, wat van 9 tot 11 Oktober plaasgevind het, deelgeneem.
Alhoewel hulle nie ’n podiumplek behaal het nie, het hulle waardevolle ervaring opgedoen teen van die land se beste stoeiers.
Sion Erasmus het in die o13 freestyle-afdeling aan die kampioenskappe deelgeneem en met ’n goue medalje huis toe gekom.
ALSO CHECK: Concerns raised over sinking graves, insufficient burial space
ALSO CHECK: SA’s 2025 matric exams given the green light by Umalusi




