Local newsNews
Tweeling is Dalview se landloop uitblinkers
Die boetie en sussie was al vantevore aangewys as die skool se landloop atlete van die jaar.
Caleb en Megan Roberts, ’n tweelingboetie en -sussie wat uitblink in langafstandhardloop, het tydens Laerskool Dalview se onlangse prysuitdeling die toekennings vir beste senior landloopatlete ontvang.
Hulle pa, Martin Roberts, is uiters trots op die twee wat hierdie toekenning al vantevore ook ingepalm het.
“Boetie en sussie is weer gekroon as senior landloopatlete, deur die Here se genade,” het hy gesê.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



