Brakpan Blazers krieketklub mik om fondse in te samel met golfdag
Die golf dag vind by die State Mines Country Club plaas en samel fondse in vir die ontwikkeling van klub krieket in Brakpan.
Die Brakpan Blazers krieketklub hou op 5 Desember ‘n fondsinsameling-golfdag vir die ontwikkeling van klubkrieket in Brakpan.
Die golfdag vind plaas by die State Mines Country Club.
“Ons nooi alle besighede en borge ut om deel te word van ons groot dag! Jou bydrae help ons om ons spelers, toerusting en ontwikkeling te ondersteun,” het Nickita Foxcroft, een van die organiseerders, gesê.
Om ‘n gaatjie te borg is R1 000, wat sigbare handelsmerke op die dag insluit. Daar is ook die opsie om ‘n prys of item te skenk soos vakansies, geskenkbewyse, ‘n mandjie of produkte of promosie-items.
Deur die dag gaan daar veilings wees, pryse vir die “longest drive,” naaste aan die pen, beste vier-bal, langste putt, en “raffles”.
‘n Vier-bal is R2 800, en die format is “better ball,” “scramble drive,” en “two-ball alliance”.
Registrasie op die dag begin 9:00 en die geleentheid begin amptelik 10:30. Vir meer inligting, skakel Nickita op 082 089 7637.



