Local newsNews
KYK: Dalwers klok uit, sluit laerskool loopbaan af
Die leerders het elkeen die klok twee keer gelui, voor hulle 'n Bybel as geskenk ontvang het. Hulle het mekaar se vaarwelkaartjies buite die skoolsaal geteken.
Laerskool Dalview het op 21 November die Graad Sewe-leerders met die jaarlikse uitklokseremonie vaarwel toegeroep.
Vanweë moontlike reën is die klok hierdie jaar in die skoolsaal opgerig, waar leerders oor die verhoog gestap het nadat hulle die klok twee keer gelui het.
Daarna het elke leerder by die skoolhoof, Chris Pretorius, en hulle registeronderwyser ’n Bybel met ’n vaarwelkaartjie ontvang.
Ná die oorhandiging het die leerders die saal verlaat en buite mekaar se kaartjies geteken.
ALSO READ: GALLERY: Hailstorm blankets Brakpan, causes severe damage (VIDEO)
ALSO READ: Brakpan community rallies together to oppose GBV
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!







