Wen ‘n R1 000 met jou Kersfoto
Die Brakpan Herald nooi lesers om hul beste Kersfeesfoto’s in te stuur vir die laaste uitgawe van die jaar. Die wenner staan ’n kans om ’n R1 000 koopbewys van Sherwood Pick n Pay te wen.
Die laaste uitgawe van die Brakpan Herald verskyn op 19 Desember, en soos in die verlede vra ons weer ons lesers om ’n gepaste voorbladfoto vir ons te neem.
Vanjaar sal die persoon wat die wenfoto ingestuur het, ’n R1 000-koopbewys van Sherwood Pick n Pay ontvang.
Neem die volgende in ag voordat jy jou foto instuur:
• ‘n Foto sal slegs oorweeg word indien dit ‘n Kersfeestema het, en daar moet ten minste een persoon in die foto wees.
• Die foto moet in Jpeg formaat wees en nie digitaal gemanipuleerd wees nie.
• Foto’s moet ook ten minste 1MB groot wees.
• Foto’s mag nie ouer as ‘n maand wees nie, dus sal verlede jaar se Kersfeesfoto’s nie werk nie.
• Die kompetisie is slegs vir inwoners van Brakpan.
Die volgende inligting moet saam met die foto verskaf word:
• Name, vanne en ouderdomme van al die persone in die foto.
• ’n Kort beskrywing van die foto, insluitend waar en wanneer dit geneem is.
• Naam, van en kontaknommer van die persoon wat die foto ingestuur het.
• Indien enige van hierdie inligting ontbreek, sal foto nie in ag geneem word nie.
• Die prys sal toegeken word aan die persoon wat die foto ingestuur het.
Foto’s kan per e-pos gestuur word na brakpanherald@caxton.co.za
Die sluitingsdatum vir inskrywings is 11 Desember om 09:00. Die wenner sal telefonies in kennis gestel word.



