Local newsNews

Oulike Kerswense uit die harte van Sonneveld se kinders

Die leerders van Sonneveld Akademie grondslagfase het vroeg in Desember briewe aan Kersfeesvader geskryf. Hierby is ’n paar van die briefies wat die oog gevang het voordat dit gepos is.

Kathleen Visser (9)
Sy skryf oor die dinge wat sy deur die jaar mee gehelp het:

• Ek het my ma gehelp om die huis skoon te maak.
• Ek het haar gehelp om kos te maak.
• Ek het amper my hele familie gehelp.

Sy skryf toe, met ’n Asseblief lees die bo-aan en asseblief langsaan elke item, wat haar wenslys is vir Kersfees:

• ’n Nuwe foon.
• ’n Nuwe speelding.
• ’n Groot pophuis.
• ’n Nuwe tablet.
• ’n Klein hond (pug).
• ’n Klein hasie.
• ’n Seevakansie.

Sy beëindig haar briefie met die sin: Sorry as dit baie is.

Iwan Botha (9)
Die dinge waarmee hy gehelp het die jaar is:

• Ek het my juffrou gehelp by die skool.
• Ek is gehoorsaam aan my ouers.

Sy wenslysie is:

• Laptop.
• Muis (waarskynlik vir die skootrekenaar).
• Tafel (om die skootrekenaar en muis op te plaas).
• Muis pad.
• Gamer stoel.
• Sugar glider.
• ’n Boek.

Henco van Zyl (9)
Dinge waarmee Henco gehelp het deur die jaar is:

• Wasgoed gewas.
• Bed opgemaak.
• Vloere gewas.

Henco se wenslys vir Kersfees is:

• ’n Dark Falcon Lego stel.
• ’n Star Wars Lego stel.
• ’n Groot stel Crystal Lego
• ’n Pak vroetelspeelgoed.
• ’n Keyboard clicker fidger.
• ’n Popit vroetelspeelding.
• Nog baie Lego

Lianie Janse van Vuuren (9)
Dinge waarmee Lianie gehelp het deur die jaar is:

• Skottelgoed.
• Hoenders water gee.
• Sakke dra.
• Koppie gaan bêre.

Haar wenslys vir Kersfees is:

• ’n Fiets,
• ’n Groot teddie beer.
• ’n Katjie.

Phoebe-Ann Levey (8)
Sy het met die volgende take gehelp:

• Ek het mamma gehelp die huis skoon hou.
• Ek het vir ouma gehelp om reg te maak vir Halloween.
• Ek het mamma gehelp om om kruideniersware te dra.

Haar wenslys is:

• Al die Lilo and Stitch teddiebere.
• Rolskaatse.
• Penneblik.
• Klein witbord.
• Somerpajamas.
• Slime in pienk, groen, geel of wit.
• Parfuum vir mamma.

Gabby Hepburn (8)
Haar takie vir die jaar is om haar ma te help huis skoon maak. Haar wenslysie is kort, maar baie hartroerend:

• Asseblief ’n fiets.
• My pappa.

Zayne van Rooyen (9)
Zayne het gehelp met die volgende:

• Om die hoenders toe te maak.
• Om die bank te skuif.
• Om die bed te skuif.
• Ek maak partykeer my bed op.

Sy wenslysie is ook kort:
• Ek wil ’n Bybel hê.
• Ek wil ’n Legostel hê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button