LettersLocal newsNews

Brief: Dank aan dié wat op Kersdag diens by Brakpan Begraafplaas gedoen het

Hoewel die Brakpan Begraafplaas dringend aandag nodig het, fokus die inwoner se brief op dankbaarheid teenoor dié wat hul Kersdag opgeoffer het om ander te dien.

Susan Vermeulen skryf per e-pos:

Ek wil graag al die betrokke mense bedank wat op 25 Desember aan diens was by die Brakpan Begraafplaas.

Ek is nie seker wie almal gehelp het nie, maar ek het gehoor dat daar mense teenwoordig was sodat ons, ons geliefdes se grafte kon besoek.

Dit was nie aangenaam om te sien in watter toestand die plek is nie, maar ek kon ten minste my man en kind se grafte besoek.

Op ander dae wat vir my belangrik is, soos met hul verjaarsdae, gaan ek nie meer nie, aangesien dit nie veilig is nie.

Ek kon ’n bietjie rondom die grafte skoonmaak, maar die begraafplaas in geheel het dringend aandag nodig.

My brief is egter nie om te kla nie, maar om die mense te bedank wat steeds omgee vir ander en wat bereid was om hul tyd op Kersdag op te offer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button