Local newsNewsSchools
Hoërskool Die Anker hou gholfdag fondsinsameling vir sportspanne
Die golfdag gaan plaasvind by die State Mines Country Club in Maart.
Hoërskool Die Anker se eerste rugby- en netbalspanne bied op 4 Maart ’n gholfdag aan by die State Mines Country Club ter fondsinsameling.
Vierbal borggeleenthede is beskikbaar teen R2 200 per vierbal, wat aandete en pryse insluit. Daar is ook putjies beskikbaar om te borg teen R1 000.
Die formaat van speel is betterball scramble drive. Gholfkarretjies is op eie onkoste beskikbaar.
Registrasie begin van 9:30 tot 11:00.
Vir navrae kontak Nico Goosen by 078 251 6418, of Chené Hutton by 071 863 4752.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



