Local newsNews

Studierigtings, onderwerpe vir 2026 by Brakpan VLU

Die lede het hul jaarfooie betaal, gehoor oor die vorige jaar en meer uitgevind oor dit wat voorlê.

Brakpan VLU het vir hul eerste vergadering van die jaar by die Just Wheels Klubhuis bymekaargekom om meer te leer oor dit wat voorlê, en ‘n terugblik te rig op die vorige jaar.

Die tema vir die jaar is ‘Wees die Verskil’ en die liefdadigheidsvereistes van die Overvaal streek reflekteer dit, met verskeie projekte in die pyplyn.

Die omgee projek is Hartsmense met ‘n fokus op gestremdes.

Die SAVF Welwillendheidsprojek is om onderklere en kouse vir dogters en seuns van drie tot 18 jaar oud in te samel, sowel as baba benodighede en skryfbehoeftes.

Die studierigting is enige kreatiewe veld, wat die vroue toelaat om te kies waaroor hulle wil leer.


LEES OOK: Vrouedominee word bevestig by 80 jaar oue NG Kerk Brakpan-Oos


Erns Grundeling is die Afrikaanse skrywer van die jaar, en Tony Park die Engelse skrywer van die jaar, terwyl die kunstenaar van die jaar Dr Sarah Pryke is.

Gerda Steyn is persoonlikheid van die jaar, die produk is rooibos, en die bome olienhout en wilde olyf.

Met die studie-onderwerpe is daar baie te leer deur die komende jaar, maar daar is ook baie om te doen. Daar is tak artikels, konferensie artikels en kongres artikels om aan te werk.

Die artikels is kuns, handvlyt en gekookte of gebakte items wat beoordeel word deur ervare beoordelaars. Meeste van die artikels is nuttig in die huis, en sommiges is net lekker om te maak.


LEES OOK: EMPD steps up scholar transport safety as academic year gains momentum


Die tak artikels vir die jaar is: enige item gemaak uit “granny squares” (gehekelde blokkies), enige gebreide baba item, ‘n materiaalsakkie om plastiek inkopiesakkies in te stoor, en geverfde klippe met ‘n boodskap op.

Konferensie artikels vir 2025 tot 2026 is: ‘n ligte vrugtekoek in ‘n broodpannetjie, sitrusmarmelade, ‘n brei- of hekelsak met plek vir penne, ‘n babakombers met Tunisiese hekelwerk, blomme-rangskikkings met balle en sirkels, en ‘n glasbord met servet-decoupage.

Kongres artikels is: ‘n “stik-en-sny” item, ‘n “Amigurumi” gehekelde speelding, “kreatiewe gilet” breiwerk, ‘n aktiwiteitsboekie vir kleuters, getelde draad borduurwerk, ‘n storie vir kleuters, “Noir” (swart-en-wit) fotografie, landskappe in akrielverf, ‘n skinkbordlappie en ‘n strooikussing.

Die tak vergader elke tweede Dinsdag van die maand vanaf 09:00. Om meer uit te vind, kontak vir Delores van Rooyen op 083 785 6104.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Charma Du Plessis

As a journalist, my goal is to present the public with all the information so they can make informed decisions, and as far as possible represent their voices in my reportage.

Related Articles

Back to top button